.com bly
   

Bothaville.com beskik oor twintig kamers elk met ‘n eie badkamer. Sewentien van die kamers is dubbelkamers en drie is enkelkamers. Elke kamer is toegerus met beddens van hoogstaande gehalte en slegs die beste linne word gebruik. Die beste gehalte handdoeke word ook in elke kamer voorsien.

Alle kamers het lugreëling en is toegerus met ’n televisie met 4 kanale, nl SABC 1, 2 ,3 en E-TV . Daar is ‘n elektriese ketel in die kamers. Koffie, tee, suiker en melk word daagliks voorsien.

Kamers word elke dag gediens en indien gaste vir langer as twee dae bly word die linne elke tweede dag met skoon linne geruil.

Geen rook of alkohol word in die kamers toegelaat nie. Rook en die gebruik van alkohol word wel op die perseel soos bv in die tuin toegelaat.

Etes word by com.Koffie, wat deel van die kompleks vorm, teen baie billike tariewe voorsien. Ekstra moeite word gedoen om ook met die etes in gaste se behoeftes te voorsien,soos spesiale etes (diabete,vegetariërs,ens). Ongelukkig word geen alkoholiese drank bedien nie.

Daar is ’n tuin en swembad vir die gerief van die gaste beskikbaar. Braaigeriewe word ook voorsien indien gaste self wil braai.

Veilige onderdakparkering is reg voor die kamers beskikbaar.

Die seminaarkamer word as ’n sitkamer gebruik wanneer gaste in groepe opdaag, soos bv met die NAMPO-oesdag.

Die koste van die verblyf is van die goedkoopste in die streek en dit is baie rustig. Gedurende die NAMPO-oesdag is die gaste ook meestal uitstallers wat in die aande moeg is en ’n rustige nagrus verlang.

Die akkomodasie vorm deel van die gemeente-kompleks en word deur gemeentelede self beman.

Kom besoek ons by:

Den Enkelgebou
Presidentstraat 13
Bothaville

Of skakel ons by:
 056-5154176