.com gemeente
 

Ons Gemeente

Die Bothaville.com vernuwingsgemeente is op 16 Oktober 2004 gestig. Dit is ‘n selgemeente wat uit ‘n aantal afsonderlike selle bestaan en wat elk deur ‘n selleier voorgegaan word.  Die gemeentelede ondersteun en bedien mekaar binne hierdie selle.

Die gemeente het nie ‘n konvensionele kerkgebou nie. Ons glo dat die kerk nie ‘n gebou is nie, maar veel eerder die samekoms van gelowiges. Die gemeente vergader in ‘n keurig gerestoureerde hotel wat doelmatig aangewend word om al die gemeentelike aktiwiteite te huisves.  Dit sluit onder andere in: ‘n kombuis, restaurant, slaapkamers met hulle eie badkamers en konferensiegeriewe.  Hierdie fasiliteite word deur die gemeente self benut en word ook aan die publiek beskikbaar gestel. Die inkomste hieruit verdien, word weer  binne die gemeente aangewend.
 

Alle fasiliteite wat op hierdie webwerf aangebied word, word deur die gemeentelede van Bothaville.com self behartig. Ons saamwerksaamheid dien ook as die onderliggende band tussen die lede van die gemeente sowel as tussen die gemeente en die gemeenskap wat hy dien. 

U is welkom om ons enige tyd te kom besoek en uself van die warmte en gasvryheid van hierdie gemeente te kom vergewis.

Kom besoek ons by:

Den Enkelgebou
Presidentstraat 13
Bothaville

Of skakel ons by:

056-5154176