.com koffie
 

Moeg van die lang reis na Bothaville of het die NAMPO-oesdag jou totaal uitgeput?  Het jy dalk nie tyd gehad vir ontbyt nie? Kom maak dan gerus 'n draai in ons koffiewinkel.

Kom proe ons eet- en drinkgoed wat onsself voorberei het. Hier kan jy koeke, terte, ligte etes en ontbyt nuttig in die rustigheid van ons koffiewinkel met agtergrondmusiek wat wissel van ligte- tot klassieke musiek.

Ons het sitplek vir tot 40 mense. As jy dalk 'n groter funksie wil reël kan ons die seminaarkamer gebruik waar tot 100 gaste by tafels bedien sal word. Vir daardie ekstra groot funksies, waar tot 200 gaste by tafels bedien kan word, word die sentrum gebruik.

Geleentheidsborde (platters) word teen billike pryse voorsien en is baie gewild onder die plaaslike gemeenskap.

 

 

 

 

Die koffiewinkel vorm deel van die gemeente-kompleks en word deur gemeentelede self beman.

 

Kom besoek ons by:

Den Enkelgebou
Presidentstraat 13
Bothaville

Of skakel ons by:

056-5154176